Is fênsie lyfseep vir my?

Is fênsie lyfseep vir my?

Definitief. Kom ek verduidelik, want in SA praat mans nie 'lyfseep' om die braaivleisvuur nie, as ek jou nie hier gaan vertel nie is die kanse goed dat jy nooit 'n opinie van 'n man daaroor gaan hoor nie, jou vrou weet ook mos bôggerol van wat goed of sleg is vir jou vel.

Jare lank het ek die goed gekoop waarmee ons groot geword het, Lux, 'no-name brands' Palmolive en later Dove, in die 90's begin die maatskappye met die 'shower gels' of vloeibare seep en dit word toe net die ding. Jaar in en jaar uit ondervind ek dieselfde ding, normale vel in die somer, en 'n vel wat droeër en jeukerig is in die winter, niks om oor huis toe te skryf nie, maar as jy jou hande op die stuurwiel sit pla die wit skilfertjies op jou arms jou oog, jou vel span ook partykeer sommer so styf as jy afdroog na jou stort. Jy weet iets is nie lekker nie, maar om seep te bekyk en te belees in die supermark sal nie manlik wees nie, wat dan nog om daaroor te praat met jou pelle as jy 'n rondte golf speel!

Ek het altyd die fênsie sepe so bekyk en gedink R30 rand vir iets wat jy by Spar kan koop vir R 5, ses keer die prys, belaglik! Heel toevallig begin my moeder seep maak as 'n stokperdjie en ek begin van haar produkte te gebruik. In die middel van die eerste winter na my omskakeling na haar seep kom ek agter my vel lyk en voel goed, en ek het nie nodig om enige ander produkte te gebruik om my vel 'normaal' te laat voel nie. Watwou! 'n Somervel in die winter....iets wat ek in die laaste drie dekades nog nooit beleef het nie, oombliklik besef ek dit is 'n 'hou vas my bier en kyk hier oomblik', my tipisie Afrikaner-man hardegat houding het my al jare se ongerief veroorsaak.

Jou vel is die grootste orgaan, en dit verbaas my tot vandag toe dat ek tevrede was om die goedkoopste produk uit te soek, en nie die beste nie. Die wiskunde is ook eintlik lagwekkend, selfs al kos 'n seep R100 en jy kry 'n paar weke se stort uit hom uit maak dit nie veel verskil op jou maandelikse uitgawes nie, dis soos om R15 000 rand uit te haal vir jou winter jag en dan skiet jy 'n brandsiek bobbejaan en 'n Rooibokkie omdat jy nie wil geld uithaal wanneer jy daar is nie, 'penny wise, pound foolish' in die rooi taal, of 'sent-slim maar roof-my-rand' is my eie vertaling.

Ek het 'n baie eenvoudige mening as dit by lyfseep kom; dit is die goedkoopste en maklikste manier om jou lewenskwaliteit aansienlik te verbeter, 'n jeukerige, droee vel is 'n konstante irritasie wat die regte seep vir jou vir altyd kan oplos, geen ekstra roompies of olies en dinge nie, net die regte seep, maklik. Hoe om seep te gebruik het jy al jare terug onder die knieg gekry.

Winter is die tyd wat ons maar almal meer tuis bly, gebruik die geleendheid om 'n seep te kry wat vir jou in jou omgewing werk, jy sal nie spyt wees nie. Ons seep is ook beter vir die omgewing en meer natuurlik as die meeste hoofstroom produkte, jy wen dus 'n gesonde vel en bevorder 'n gesonder omgewing. Dit is geniaal man, gaan koop jouself 'n bier want dit wil gedoen wees!

Begin gerus by ons reeks produkte, ons soek ook gereeld nuwe plaaslike produkte en maak dit op ons webwerf beskikbaar, kyk onder 'Lyfmuti' wat ons tans daar aan die gebeur het.